Ons is Gekwalifiseerd & Professioneel

Wilpeterson is ‘n Suid Afrikaanse vervaardiger van industriële
grassnyers asook verskeie ander meganiese masjinerie. Ons streef
daarna om plaaslik vervaardigde produkte te lewer wat die verbuiker help om werk meer doeltreffend uit te rig.

Vissie EN MISSIE

Kliënt gesentreerde innovasie sonder grense. Ons streef daarna om alledaagse werk vir die verbruiker te vergemaklik deur betroubare en gebruikersvriendelike produkte aan die publiek te verskaf.

Geskiedenis van onderneming

Wilpeterson (PTY) LTD is gestig in 2017, maar die kommersiële grassnyers se ontwikkeling het reeds begin in 2014. Die doel was om ten einde betroubare plaaslik vervaardigde grassnyers te ontwikkel wat die algemene frustrasies met grassnyers aanspreek. Die maatskappy word bestuur deur Willem Scholtz (Direkteur), wie saam met sy span die produkte van ontwerp tot by die verbruiker se deur lewer.

ONS KENMERKE

Die Werkproses

Ons is trots op ons intelligente en doeltreffende werknemers. Ons skep
pasgemaakte masjienerie wat ontwerp is vir jou behoeftes.